Uncategorized

Van kiskar tot plaasfees!

Die naweek wat verby is het die manne in die huis my sowaaar verbaas. Ek het Sondag my man Spiro’s toe gestuur om verf te koop en daar kom hulle elkeen met ‘n sakkie springmielies in die een hand en ‘n plank in die ander hand terug. Baie opgewonde skree die seuns hulle gaan vandag ‘n kiskar bou! My man stap in met n baie breë glimlag, want nou hoef hy ook nie meer te verf nie.

Ek en die meisies besluit ons gaan maar die winkels invaar, want hier gaan dit verseker besig raak met al die spykers en skroewe wat vlieg. Met ons terugkoms het die manne hulle projek met trots klaar gemaak en ry toe heel lekker met hulle nuwe kiskar.

Die naweek wat kom die 11de Maart 2017 het iets om na uit te sien. Dit is die Diemersdal Plaasfees. Dis hulle tiende bestaansjaar en hulle gaan ons omtrent vermaak, want die bekende Elvis Blue gaan daar optree. Die kinders gaan besig gehou word deur ‘n roofvoel en slangvertoning, trekker ry en plaasdiere en terwyl die kinders na Tjiff en Tjaff kyk kan ons ook natuurlik ‘n lekker glasie wyn proe en smul aan al die lekker plaaskos wat te koop sal wees. Die tiener meisies kan tot hulle naels gaan mooi maak by Tannie Lilla se stalletjie. Die dag kan die hele gesin saam geniet, want daar is vir almal iets om hulle besig te hou.

Die plaasfees vind plaas by Diemersdal Wynplaas M58, Adderley St, 7550 Durbanville van 9am – 5nm. Toegangsfooie is R50 per volwassene en R20 per kind.

Sien almal Saterdag, Geniet julle naweek!20170305_165302.jpg

Uncategorized

Naweekplanne!

Dit is altyd vir my ietsie besonders om te kyk hoe die kinders iets vir die eerste keer ervaar. Die naweek het ek weer een van daardie oomblikke gehad wat my laat glimlag het van oor tot oor. Ons het vir Jack gevat vir sy eerste bootrit by die V&A Waterfront in Kaapstad. Ons het aanboord geklim op die Ocean Adventurer, ‘n pragtige katamaran van Marine Eco Tours. Skakel hulle gerus by tel: 021 421 5565 / sel: 073 2166447 of epos: david@ocean7.co.za.

Die kostes was R250 per volwasse en R150 per kind en die rit was om en by 90 minute lank. ‘n Jong dame was ons oulike gids en sy het ons meer van die robbe en pikkewyne vertel. Die hoogtepunt was die pragtige dolfyne wat ons gesien swem het reg langs ons. As ek nou terug dink skaam ek myself, want ek het heen en weer op die boot rondgehardloop om te kyk waar hulle swem. Daar is verfrissende drankies te koop aanboord en terwyl mens uitvaar op die groot, blou waters kan jy lekker ontspan en luister na rustige musiek. Die kinders het bo-op die nette gesit en rustig als ingeneem rondom hulle.

Natuurlik was almal na die tyd dood van die honger en ons het by die Hotdog King (adres: Victoria Wharf 280 Dock Straat V&A Waterfront Kaapstad (021) 419 5047) ‘n worsbroodjie geëet en ‘n lekker groot roomys vir nagereg. Die vars lug en blou water het definitief ‘n effek op Jack gehad, want ons was skaars daar weg en die mannetjie was uit soos n kers.IMG-20170226-WA0028

Uncategorized

Tieners….

TIENERS!

 

Dit voel vir my of ek elkedag nog ñ tiener by kry in die huis, hormone vlieg, deure klap en nooit is ek goed genoeg vir langer as 5 minute nie.  Is dit normaal?

 

Ek kan onthou dat ek my ma al baie keer laat huil het met al my dinge,maar genugtig was ek regtig so ongeduldig en kort af? My foon was defnietief nie die heledag in my hand nie, want die ding was nie net swaar nie,maar om te sms was ook nie verniet nie…..

 

Ek sweer You Tube kry deesdae meer aandag as ek!

 

ñ Mamma hart kry verseker ñ knou in die tyd van ons kinders se lewens, ek weet dit is net ñ staduim en dat dit net soos die aaklige vloermoere sal verby gaan, ek moet net moed hou, kalm bly en tel tot maklik ñ 100000!

 

Ek sal die 5 minute ñ dag wat ek nou wel nog ñ goeie mamma is vir haar geniet die geselsies wat ek miskien kry sal ek met gespitste ore na luister en net aanhou soentjies uitdeel as sy soos blits verby my wil loop, hoe sê hul ñ aanhouer wen.

img-20170205-wa0015

Uncategorized

Naweek pret!

Na ‘n lang week is ‘n piekniek altyd my eerste opsie, ‘n mandjie vol eetgoedjies, jou lekker groot kombers en daar gaan jy! Die lekkerste piekniekplek bly maar net Kirstenbosch Botaniese tuine, Rhodes Rylaan Nuweland Kaapstad 7735. Die groot bome met eindelose groen grasperke, die klein wandelpaadjies wat elkeen spog met sy unieke plante, blomme en geure bly iets besonders. Die Boomslang Loopbrug is 128m lank en sorg ook vir hope pret met ‘n beeldskone uitsig. Kirstenbosch maak alreeds 8am oop en jy kan bly tot 7nm wanneer hulle hekke sluit. Die ingangsfooie is ook glad nie sleg nie. Kinders onder 6 jaar is gratis, 6-17jaar R15 elk en grootmense R60 elk. Die Tuine het ook die lekkerste somer konserte waar mense soos Karen Zoid en Just Jinger een van die dae optree. Kaartjies kan aanlyn gekoop word by http://www.viagogo.co.za.
Eetgoedjies hou ek eerder eenvoudig. Ons stop gewoonlik by Xpresso Kafee, Wellington Str 16 Durbanville Kaapstad 7550, waar alles R10 kos. Daar kry al 8 van ons ‘n gesonde broodjie, ietsie lekkers en ‘n koffie vir onder R300. Die tarentale het verseker gedink die eetgoed is baie lekker, want dié het sommer saam kom eet op die kombers, toe ek nie wil deel nie pik hulle sommer my tone!
Na ‘n lekker dag op die groen gras het ek weer kans gesien vir nog ‘n week.
Lekker naweek en sterkte vir die nuwe week!

img-20170205-wa0011
Uncategorized

Sondae is defnitief een van my gunsteling dae in die week, die kinders weet sommer hulle moet vroeg klaar maak en reg wees,dan spring ons in die kar luister na Kfm se golden oldies en gaan geniet die dag wat dit ookal vir ons mag inlaat. Die beste plek vir my  op n Sondag is defnitief Blaauwklippen familie mark in Stellenbosch.

Sondae is ek ook glad nie lus vir kos maak nie,  en daar is jy verseker op n hele verskeidenheid kosse, dit is asof jy in n internasonale kombuis instap.  Met al daai keuses kies my kinders natuurlik die warm chips met sommer n klomp tamatiesous, ek is mal oor die springrolls en my wyn slushpuppy, ja julle het reg gelees wyn slushpuppies die lekkerste drankie op n warm dag.  Daar is ook n groot verskeidenheid van die  biere so die pappa`s geniet dit ook.

Daar is klomp tafels, wat reeds van vroeg af vol gesit word, so wees maar vroeg om n plekkie te kry anders bring jou piekniek kombers en sit onder die groot koelte bome terwyl jy luister na die plaaslike musikante wat daar optree.
Daar is n wye verskeidenheid van stalletjies wat jou sal  besig hou, terwyl die kinders op die ponie ry of in die plastiekbal rondhol op die gras. Daar is n hele paar aktiwiteite wat jou kinders sal besig hou soos  n springkasteel, karretjies wat hulle self ry en n treintjie wat vir ure se pret sal sorg, tot jou hond is welkom so die hele gesin kan saam wees en die dag geniet.

Die markie begin om 10am tot 15nm en as jy n wynliefhebber is soos ek kan jy ook n draai maak by hulle proelokaal, wat baie aanloklik klink.

Geniet die naweek!

Blaauwklippen familie mark

Strand str, R44 Stellenbosch

Kontak no. 084 608 6325Processed with VSCO with c1 preset

Uncategorized

Myne ….

Ons is nou amptelik in die “MY” stadium, ai my liewe baba raak nou groot, alles is syne en die hele wêreld behoort aan hom.

Dit is natuurlik vir my baie kostelik, maar sy boeties en sussies dink nie dit is baie snaaks as hulle alles moet afstaan sodra Jack dink iets behoort aan hom nie.

Die oulike stadium het my eindelik laat besef dat ons as ouers het vergeet van onsself.  Ek het van “my” vergeet en nou die dag toe ek by ʼn vriendin was toe sê sy dat ons eerste daar was, die kinders moet net eenvoudig by ons roetine inpas.  Dit maak sin, maak dit nie?  My man wat dink hy spandeer nie genoeg tyd saam met ons as hy net ʼn bietjie gaan fiets ry nie is ook absurd.  Ek wat dalk ʼn kursus wil gaan doen in iets waarvan ek hou, maar skuldig voel net om daaraan te dink, dat ek nie elke dag die kinders self by die skool kan gaan haal nie? Hulle sal seker niks oorkom as hulle gou vinnig by ʼn vriendin bly of self hulle huiswerk moet doen nie? Ek het vanoggend 5:30 opgestaan om vars gebakte sjokolade muffins te bak vir hulle skool kosblikke. Natuurlik by myself gedink, “what a treat”, totdat daar 4 kosblikke terug huis toe gekom het elkeen met ‘n muffin in. My asblik het geruik soos ‘n sjokolade fabriek, maar môreoggend sal almal net ‘n gesonde volgraan broodjie kry, wat ook seker weer asblik toe sal gaan.

Ek praat nou net van myself, want my vriende weet ek piep hopeloos teveel op, maar ek besef dit elke dag meer dat ons kinders ons elke dag miskien ‘n bietjie moet mis om ons regtig te waardeer.

In ons kinders se wêreld gaan alles net oor hulle, maak eindelik nie saak hoe klein of oud hulle is nie. Dit hoort so. Hulle is belangrik, maar ons as ouers moet ook nie vergeet dat daar ook tyd vir ons moet wees al is dit net ‘n vinnige koffie saam met ‘n vriendin of ‘n fliek saam met jou man. Al gaan draf jy alleen, ons IS nog belangrik en hulle kan doen met ‘n bietjie “me time” sonder ons. Miskien mis hulle ons ook en waardeer hulle daai tuisgebakte sjokolade muffin  🙂img_20161219_135857